Akademie

Graad 8 & 9

Al die vakke voorgeskryf vir KABV word aangebied:

  • Afrikaanse Huistaal
  • Engelse Eerste
  • Addisionele Taal -Venda
  • Wiskunde
  • Sosiale Wetenskappe
  • Natuurwetenskappe
  • Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe
  • Tegnologie
  • Skeppende Kunste en Lewensoriëntering.

Graad 10 - 12

Elke leerder het vier verpligte vakke:

  • Afrikaanse Huistaal / Eerste Addisionele Taal
  • Tshivenda Huistaal
  • Engels Huistaal / Eerste Addisionele Taal
  • Lewensoriëntering en Wiskunde of
  • Wiskunde Geletterdheid

Naas die verpligte vakke en een van die wiskundekeuses, soos bo genoem, moet leerders ‘n verdere drie vakke uit die volgende kies:

  • Rekeningkunde
  • Geografie
  • Besigheidstudies
  • Gasvryheidsbestuur
  • Ingenieursgrafika en -Ontwerp
  • Rekenaartoepassingstegnologie
  • Inligtingstegnologie
  • Ekonomie
  • Lewenswetenskappe
  • Fisiese Wetenskappe
  • Toerisme en Ontwerp

Eksamens, Mini-Eksamens En Onderhoude

Alle leerders skryf aan die einde van die tweede en vierde kwartaal ‘n volledige eksamen.  Matrikulante skryf ’n rekordeksamen aan die einde van die derde kwartaal.

Leerders skryf meestal Dinsdae en Donderdae, volgens ’n vasgestelde rooster, ’n mini-eksamen.  So word leerders aangemoedig om dwarsdeur die jaar ’n konstante studiepatroon te volg.

‘n Jaarpunt word bereken met die uitslae van drie deurlopende assesserings, tesame met die eksamens.  Na elke siklus en eksamen ontvang ouers ’n rapport van die leerder se vordering. 

Alhoewel tegnologie nie ‘n onderwyser kan vervang nie, is dit ‘n uiters belangrike hulpmiddel en beskik elke klaskamer oor ‘n rekenaar met volle internettoegang en ‘n dataprojektor wat die kurrikulum visueel in volkleur vertoon.

Oueraande

Alle grade se oueraande word in die eerste kwartaal gehou.  Elke oueraand word op die skoolkalender aangetoon vir elke kwartaal.

Onderhoude

Onderhoude kan in kantoorure per afspraak met die hoof, adjunkhoofde en departementshoofde gereël word.

Die adjunkhoofde en departementshoofde is as voogde vir sekere grade en vakke verantwoordelik.  Hierdie persone sal u te woord staan in verband met enige probleem wat betrekking het op ‘n leerder in ’n betrokke graad of vak. Vakprobleme word met die betrokke vakhoof bespreek en algemene probleme met die graadvoog.

Ouers is altyd welkom om die skool te besoek. Skakel vooraf om ’n afspraak te reël sodat die nodige inligting voorberei kan word en om seker te maak dat die betrokke persoon beskikbaar is.

Scroll to Top